
Op 31 Januarie 2006 het ICASA (die onafhanklike uitsaai-outoriteit in Suid-Afrika) aangekondig dat enigiemand nou kan aansoek doen om lisensies te bekom om betaaltelevisiekanale in Suid-Afrika op te rig. Tot op hede het Multichoice 'n monopolie op dié mark gehad.
ICASA het sedert Januarie 18 aansoeke ontvang. Die prentjie van Suid-Afrikaanse TV kan gevolglik drasties verander in 2007: in 1975 was daar geen TV-kanale nie; 7 in 1991, 37 in 1998, 74 in Maart vanjaar en nou bestaan die moontlikheid dat hierdie syfer die hemele kan inskiet.
WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Omdat ICASA gesonde kompetisie in dié mark wil kweek, het hulle aan M-Net opdrag gegee om Oopkyktyd vanaf April 2007 te sluit. Totsiens Louwna. Totsiens Bertie.
Om intekenare dus te oortuig om lojaal te bly, het M-Net 'n reeks nuwe programme (wat oor die volgende 6 maande eksklusief op dié kanaal uitgesaai sal word) aangekoop.

M-Net gaan hulle reeds gevestigde realiteitstelevisiekomponent nog verder uitbrei. Buiten die reeks suksesvolle Survivor: SA word daar nou aansoeke ingewag vir Culture Shock. Dié program gaan 2 families die kans gee om mekaar se lewensomstandighede vir 2 weke te ontdek. In 'n land met ekonomiese uiterstes behoort dit interessante kykstof te wees.

Internasionale reekse soos The Office (US), Crumbs, Come Back, Big Love en nuwe reekse van Parkinson, Weeds en Nip/Tuck word ook verwag.
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Vanaf April sal daar meer betaalkanale beskikbaar wees teen laer pryse wat 'n verskeidenheid van nismarkte in dié medium kan uitbrei. Media-mugu's soos Anton Harber is bevrees dat dit aanleiding kan gee tot nog meer smet op ons TV's:
"To sum it up, our lives will probably be enriched and enlivened by pornography and food channels (severally or even jointly) in all our official languages." (Lees die volle artikel hier).

(Bronne: BizCommunity, M-Net, ICASA)
2 opmerkingen:
"Meer lelike mense op TV"? Bullshit! Wanneer laas het jy 'n lelike mens op TV gesien? Veral in sg. realiteitsprogramme. In hierdie "realiteit" is daar nooit vet mense, besonder kort mense, mense met slegte of geen hare, mense met slegte of geen tande, mense met slegte vel, of mense met dik brille nie. Behalwe in "Extreme Makeover", maar die boodskap daarvan is nou nie juis dat dit OK is om te wees wie jy is nie.
Wat dan van I-seepbel Jones?
Een reactie posten