11.06.2007

Naspers se Eerste Interaktiewe Jaarverslag

Vir die volgende 48 uur kan jy voel asof jy saam met die bestuur van Naspers sit en luister na die jaarverslag. Gaan na die volgende link (dis nogal cool): http://www.corpcam.com/naspersinterimresults2007

9.13.2007

Media24 se vroue jok

WAT HET GEBEUR?
Sewe tydskrifte se lidmaatskap tot die Audit Bureau of Circulations (ABC) is summier beëindig. Dit kom nadat die ABC ontdek het dat daar met sirkulasiesyfers van die tydskrifte Sarie, Lééf, True Love Bride, True Love, Fair Lady, True Love Babe en InStyle SA aan die ABC voorgelê het, geknoei is.

WAT BETEKEN DIT?
Lidmaatskap tot die ABC is geweldig belangrik as dit kom by 'n tydskrif se inkomste. Deur gesertifiseerd te wees deur die ABC beteken dat adverteerders die tydskrif kan vertrou en dat die tydskrif geen wanpraktyke najaag nie. Verder beteken dit dat tydskrifte mekaar se kopieregte sal respekteer. Deur nie meer lid hiervan te wees nie, kan Media24 (die maatskappy wat dié tydskrifte uitgee) geweldig baie geld verloor omdat adverteerders se lojaliteit in die tydskriftitels heel moontlik afgedaal het.

HOEKOM IS DIT BELANGRIK?
Elke jaar moet tydskrifte bekend maak wat hul sirkulasiesyfers is (dit beteken die hoeveelheid tydskrifte wat verkoop is). Hoe meer verkoop word, hoe meer geld kan tydskrifte vir advertensieruimte vra. Tydskrifte wat lid is van ABC moet elke 6 maande hul sirkulasiesyfers aan dié buro bekendmaak. Nadat Media24 reeds hul syfers vir die periode April 2006 tot Junie 2006 ingedien het, het hulle op 6 September 2007 nuwe syfers aan die ABC gegee. Dit het gebeur nadat die ABC vasgestel het dat die syfers hoër was as wat dit veronderstel is om te wees. Media24 het gesê die nuwe syfers verskil minder as 0.6% van die aanvanklike syfers. Die ABC het egter ontdek dat daar sekere titels is wat se sirkulasiesyfers met bykans 50% opgestoot is om meer adverteerders te lok.

Dit beteken dat tydskrifte in die Media24-stal gaan sukkel om dieselfde advertensie-inkomste te genereer as wat dit gewoonlik het. Werknemers van Media24 se vrouetydskrifte is geweldig ontsteld maar tans is daar nog geen kommentaar van die uitgewer beskikbaar nie.

Lees nog hiér:
http://www.bizcommunity.com/Article/196/39/17869.html
http://www.sundaytimes.co.za/News/Article.aspx?id=563130

6.05.2007

Redaksionele kwaliteit in die digitale era



Vervaardig deur die Stellenbosse Pols*-span

Wêreld Redakteursforum: Persvryheid



Video vervaardig deur die Pols*-span
in samewerking met Vizual Editors.com

Eerste World Editors Forum Video



Vervaardig deur die Pols*-span

5.31.2007

Redakteurs van regoor die wêreld sak toe op Kaapstad

WAT HET GEBEUR?

Die redakteur van BBC, CNN, Eidosmedia, Google, The Guardian, NRC Handelsblad, Trouw, The Daily Voice, Reuters en Bloomberg, om maar net 'n paar te noem, het gearriveer in Kaapstad. Die 60ste jaarlikse Wêreld Redakteursforum begin vandeesweek in die KIKS. Van tradisionele onderwerpe soos persvryheid en die toekoms van koerante tot by die oorlewing van tydskrifte in Second Life en ander aanlynomgewings word bespreek.

WAT BETEKEN DIT?

Die Pols*-span gaan deelneem aan die kongres en sal video's vervaardig wat hier geplaas sal word.

WAT Sê DIE MENSE HIEROOR?

Lees prof. Anton Harber se kommentaar oor dié gebeurtenis hiér.

5.11.2007

3.21.2007

Betowering

Spesiaal vir al ons getroue Pols*-lesers: die beste en oorspronklike ident van M-Net: