
WAT HET GEBEUR?
Gister 'n week terug het dié voormalige staatspresident, beter bekend as die "Groot Krokodil" ('n naam aan hom toegeken deur Hermann Giliomee), inmekaar gestort terwyl hy saam met sy vrou Barbara in die slaapkamer was. Alhoewel die huidige presidensie 'n staatsbegrafnis aangebied het, het die Botha-familie dié aanbod van die hand gewys. As president wat verantwoordelik was vir ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika weens apartheid, sou dit die grootste ironie denkbaar gewees het as juis 'n demokratiese regering waarteen Botha geveg het hom vereer met 'n staatsbegrafnis.
WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Die Botha-familie het daarom vandag self reelings getref vir PW se begrafnis wat op George plaasgevind het. Die president, Thabo Mbeki, het daarheen gehaas vanuit Sjina waar hy op besoek was. PW se seun het tydens die diens (wat regstreeks uitgesaai is op TV en radio) aan die president gevra: "U verstaan Afrikaans?" waarop Mbeki geglimlag en geknik het. Mbeki het ook saam met die hoofsaaklik wit gemeente (waaronder die registrateur van die Universiteit van Stellenbosch, Johann Aspeling) "Juig, o Heer" gesing het.

PW Botha se seun het aan die einde van die diens aan sy skoonma gese: "Barbara ... only God knows."
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Bykans 'n miljoen skoolgaande kinders (en ouer) was vir meer as 'n uur ontsteld en huilerig toe die uitsending van die begrafnisdiens langer as beplan aangehou het. Altesaam 5 programme wat op 'n Woensdagmiddag op SABC 2 se Tube uitgesaai word, kon nie uitgesaai word weens die begrafnis nie. In 2 van die 5 programme was dit weeklikse vervolgprogramme wat kleuters en peuters nou nog 'n ekstra week moet wag voordat hulle kan uitvind wat volgende in hul gunsteling kinderprogram gebeur.
Vir die res van die wereld was dit 'n blymoedige dag, 'n dag waarop die verlede begrawe is.
Die dood van PW Botha het gemengde reaksies tot gevolg gehad. Alhoewel koerante soos The Mail & Guardian die absolute waansin van Botha se presidensie uitgelig het, was Afrikaanse koerante soos Die Burger meer gematig op hul kritiek teen Botha.
Video's oor Botha se dood het die sosiale netwerkwebblad YouTube sedert laasweek oorstroom, 'n eerste vir 'n prominente Afrikaanse figuur op dié webblad. Een van die video's kom uit die 1980's. 'n Britse komediereeks in dié tyd getiteld Spitting Image, het die spot gedryf met PW Botha en Margaret Thatcher:
Vir meer video's oor PW Botha kliek hier.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten