11.10.2006

MNP niks met NNP te doen

WAT HET GEBEUR?
MNP word vandag in Suid-Afrika toegelaat. Alhoewel dit klink na 'n nuwe benoeming van die reeds gestorwe NP of NNP (Nuwe Nasionale Party) kan linkses gerus wees. MNP staan vir Mobile Number Portability, 'n diens wat selfoongebruikers toelaat om van netwerk te verander sonder om hul nommer te verander.

WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Jonger selfoonnetwerke soos Virgin Mobile en CellC doen alles in hul mag om nou nuwe verbruikers te lok. CellC het geweldig baie moeite in hul jongste veldtog geplaas wat verbruikers aanmoedig om oor te gaan na dié "rooi" netwerk. Lanseria Lughawe buite Randburg is gebruik om hierdie advertensie te skiet en al die items in die lughawe (van trollies tot blompotte) is spesiaal vergroot. 'n Baie lang model is uit Engeland gevlieg en 11 klein kinders is gebruik om abnormaal klein te lyk teenoor hulle "pa", of dan verbruiker (sien foto hierbo). Dié Lord of the Rings-geinspireerde advertensie wys hoe 'n pa sy 11 syfers agterlaat terwyl hy deur 'n metaalverklikker loop op pad na sy vliegtuig (of dan nuwe netwerk) toe. Sodra hy deur is kom die CellC-stem in en verkondig dat alle nommers nou saam met hul verbruikers welkom is. En voila. Soos wat elke nommer deur die metaalverklikker hardloop, verander hul hempies van geel (MTN natuurlik) na rooi.

WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Alhoewel MTN en Vodacom nog weinig min moeite gedoen het om mense te oortuig om na hul netwerk oor te gaan, is hierdie die een geleentheid vir Vodacom-intekenare om hulself nie meer met 'n rot wat in Mouille Punt saam met Schalk Britz dans te vereenselwig nie. Dit gee ook rede vir Richard Branson-fans om meer gereeld opgewonde te raak wanneer hy op radio en TV probeer om jou te oortuig om na sy netwerk oor te skakel. Almal is mos so mal oor dié man se stem.

Verbruikers is gewaarborg om nou meer pret met hul self one te he:

Geen opmerkingen: