
WAT HET GEBEUR?
Vandag maak die Mail & Guardian weer geskiedenis. Hulle is die eerste koerant in Suid-Afrika om 'n weeklikse podcast op hulle webtuiste beskikbaar te stel. Weekliks kan lesers inteken op Tony Lankester wat met die redakteur en joernaliste gesels oor die stories wat in daardie week se uitgawe verskyn het.
WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Hoe is dit dat 'n koerant besig is om podcasts beskikbaar te stel en, word daar aan die redakteur, Ferial Haffajee, in die eerste podcast gevra, hoekom doen die Mail & Guardian dit: "Increasingly we are not going to be a newspaper. We are going to be good quality content … over a number of platforms," het Haffajee aan Lankester gese.
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Meer en spesifiek jonger mense (op wie hierdie diens gemik is) kan nou na die koerant luister want, se Haffajee, sommige mense het nie genoeg tyd om die hele koerant in 'n week klaar te lees nie. Ongelukkig is die musiek wat in die podcast gebruik word iets wat heel eerder in 'n 1980's oefeningvideo gebruik moet word. Dit tersyde is dit 'n fantastiese idee wat ook met 'n Blogger-blog gepaard gaan waarin hulle al die 'agter die skerms' stories rondom die podcast self vertel. Gaan besoek dit hier.
Besoek die amptelike webtuiste wat meer inligting gee rondom wat presies 'n podcast is en someer. Jy kan ook inteken op die weeklikse podcast of dit net eenvoudig as 'n MP3 aflaai by http://www.mg.co.za/podcast
Net nog 'n manier hoe Web 2.0 ons lewens oorneem:
1 opmerking:
dis 'n cool video daai.
Ek wens so graag ons kan hierdie bladdy site nou up and running kry!
Een reactie posten