

In Oktober vanjaar is die eerste weeklikse tydskrif vir ouens op Suid-Afrikaanse rakke verskyn. Dit kom nadat 'n klein groepie jong ouens in Seepunt sonder werk die Britse titel Krew oortuig het om ook dié tydskrif in Suid-Afrika te vestig. Krew is 'n gevestigde tydskrif nie net in Brittanje nie, maar ook in Mauritius. Krew behoort aan 'n Hollander wat heel opgewonde was om dié titel ook in Suid-Afrika te vestig, aangesien daar geen weeklikse tydskrifte in dié nismark beskikbaar was nie.
Toe kom die mediareus van Afrika, Media24, en gee Upper Case Media (die mense verantwoordelik vir heat en FHM) opdrag om 'n soortgelyke tydskrif uit te gee. Teen die helfde van die prys van Krew het ZOO Weekly (ook oorspronklik 'n Britse titel) bitter vinnig die leier in dié nismark geword, al het hulle 'n paar weke later as Krew op die rakke verskyn. Media24 het reeds 'n gevestigde verspreidingsisteem, kon dit bekostig om die tydskrif teen R6,95 uit te gee (vir die eerste 2 uitgawes) en het bo en behalwe dit ook 'n Afrikaanse weergawe vrygestel naamlik ZOO Weekliks.
WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Alhoewel Krew se eerste 2 uitgawes uitverkoop het, was hulle dié week besig met hul 5de uitgawe toe die redaksie van 22 ouens gehoor het die Hollander wil nie die tydskrif verder befonds nie. Nou sonder werk moet dié ouens in Seepunt nou moontlik oorweeg om in gay masseur parlors te gaan werk net sodat hul woonstelhuur vir die res van die maand betaal kan word. Een van die redaksielede is selfs besig om hul kantoorstoele te verkoop.
Krew se probeerslag om hul titel aan Caxton te verkoop (Media24 se opposisie wat titels soos Rooi Rose en DeKat uitgee) het ook misluk. Enigiemand wat nou vir dié 22 jong manne kan werk aanbied word gevra om die uitgewer te e-pos by timcurrey@telkomsa.net - CV's en getuigskrifte is beskikbaar op navraag.
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Hierdie storie is net nog 'n bewys van Media24 se verbysterende mag. Ander voer aan dat dit bewys dra van Afrikaans se verbysterende mag, aangesien ZOO Weekliks beter as ZOO Weekly verkoop. Dit was een van die strategiee wat Caxton probeer het toe hul titel People Magazine besig was om lesers te verloor met die totstandkoming van Media24 se heat. Deur People te vertaal in die vorm van Mense doen dié uitgewer nou weer beter. Daar word gevolglik gespekuleer of Media24 'n Afrikaanse weergawe van heat sal uitbring as gevolg hiervan. Ons sal maar moet sien wat gebeur.
Een ding is egter verseker en dit is dat ZOO Weekliks hier is om te bly. Daar is reeds 'n paar gevestigde joernaliste wat stil-stil by Die Burger uitgekoop is om vir ZOO in Johannesburg te gaan werk.
Verdere goeie nuus is dat daar eksklusiewe kiekies van die Leeuloop-ladies in vandag se uitgawe van ZOO Weekliks verskyn. Die poppies wat in die video hieronder saam met Robbie Wessels tennisballe tussen hulle bene vasknyp, kan nou van nader bekyk word:
4 opmerkingen:
Hiermee die rede waarom citizen-journalism nie altyd werk nie: As jy jou inligting bloot van websites aftrek gaan jy die kat aan die stert beetkry en snert as waarheid publiseer...
Vir die rekord: Krew se SA kantoor is in Strandstraat, nie Seepunt nie, en dis nie net dudes wat daar werk nie. Ek weet, want ek was daar. Of vra vir Gina, Denver en Ryk, wat ook daar was toe ons 'n onderhoud met die redakteur gevoer het. Sy naam is Gavin Williams (onthou?), en Tim Culley is die dude wat die 'besigheid' van die tydskrif behartig - dis Culley, nie Currey nie. Tim Curry is die dude wat Dr Frank-N-Furter gespeel het in die Rocky Horror Picture Show...
Williams sou ook vir jou vertel het dat ZOO nie agv Krew uitgebring is nie, maar dit al die tyd die plan was - hulle het net hulle strategie verander toe Krew op die toneel verskyn. Wat Media24 'n bietjie minder soos die (suksesvolle) DeathStar laat klink...
Waar kry jy jou inligting? En hoekom erken jy nie meer bronne soos in die goeie ou dae nie?
Haha
Annelie, ek stem wel met jou saam, maar het 'n probleem met die onderskeid wat jy (onbewustelik) tussen tussen citizien journalism en jou eie kommentaar trek.
Volgens alle logika is regstellende kommentaar op citizien journalism OOK citizien journalism. As sulks het dit die potensiaal om ook verkeerd te wees ;)
nou werk dit...
Johan, dis hoekom citizen journalism so cool is.
Dit is die feite:
Volgens www.krew.com is die kantore van Krew in Regent Road 15, Seepunt.
Die korrekte e-pos van die uitgewer is timculley@telkomsa.com. Raymond Hasselerharm is die finansierder. Die redakteur is nie belangrik nie.
Besoek www.bizcommunity.com vir meer inligting.
Pols* Ombudsman
Een reactie posten