11.06.2006

Geen Mango vir Madonna se Malawi-kindjie

WAT HET GEBEUR?
Oktober is gekenmerk deur internasionale betrekkinge, die derde wereld, miljoene Oprah-kykers regoor die wereld en Johannesburg Internasionaal wat geruk is deur Madonna se optrede. Minder as 'n week voordat die Johannesburg Internasionale Lughawe vernoem is na die OR Tambo Lughawe, is 'n vrou op dié lughawe gejaag deur Reuters-kamera's. Dit het gevolg nadat Madonna 'n kind in Malawi aangeneem het en die arme kind via Joburg na Londen moes vlieg om sy nuwe ma daar te ontmoet. Madonna wou egter nie saam met die kind gesien word voordat hy in Londen aangeland het nie, en daarom moes 'n nanny met die arme kind hardloop deur die terminaal.

In minder as 'n maand se tyd het dié 13-maande oue Malawiese seuntjie 16,000 lugmyle ingeklok. Glad nie sleg vir 'n seuntjie wat sedert geboorte nog glad nie eers buite sy eie weeshuis was nie. Nadat hy Londen toe gevlieg het, het hy verlede week saam met Madonna New York toe gevlieg en is sedert gister weer terug in Londen.

WAT IS DIE IMPLIKASIES?
1) 16,000 lugmyle kan veroorsaak dat dié seuntjie vir die res van sy lewe jet lag het, alhoewel sekere kommentators meen dis veel beter as om VIGS te he.
2) 16,000 lugmyle is nie te versmaai nie. Ongelukkig het Madonna nie met SAL gevlieg nie, en is ook nie 'n lid van hul Voyager Frequent Flyer Club nie. As 'n Voyager-lid sou hierdie 16,000 lugmyle agter sy naam die klein seuntjie 'n gratis vlug van Kaapstad tot Port Elizabeth verseker het.

Die blou stippellyn hieronder dui die roete aan wat die seuntjie meegemaak het die afgelope maand. Die groen stippellyn dui die gratis myle wat hy as Voyager-lid sou ontvang het.


WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Hierdie dien as net nog 'n bewys dat lojaliteitklubs soos Voyager nie enige gebalanseerde voordele inhou nie. Dit is ook een van die redes hoekom SAL besluit het om in middel-November belastingbetalers se geld te gebruik om die nuwe lugredery Mango op die been te bring. Vir minder as R200 kan Suid-Afrikaners nou van Kaapstad tot in Johannesburg vlieg, 'n vlug wat Voyager-lede eers kan eis nadat hulle vyf keer om die wereld gevlieg het.

Wat Madonna en haar nuwe seuntjie betref wil dit voorkom asof die hele kababel rondom haar aanneming vir eens 'n stille dood gesterf het. Alhoewel die seun se pa aan Reuters gese het dat hy nie mooi geweet het wat gebeur het nie, het Madonna vir Oprah 'n ander storie vertel. Omdat The Oprah Winfrey Show in Suid-Afrika deur The Tyra Banks Show vervang is, gee Pols* 'n eksklusiewe uittreksel uit dié veelbesproke onderhoud:



Vir 'n in-diepte verslag oor Mango lees Carte Blanche se insetsel daaroor hier.

Geen opmerkingen: