
Jy kan verskoon word as jy 'n uitnodiging na 'n konsert ontvang van "Arno" en verwag om die Springbok Nude Girls se frontman se sien. "Arno" se regte van in nie Carstens nie, maar wel Jordaan. Hierdie voormalige hoofseun van Oos-Londen het onlangs 'n kontrak met EMI losgeslaan en is van plan om hierdie Desember-vakansie die land warm te sing. Soos enige ander popster in die lemmetjielig kan "Arno" egter nie van sy verlede ontsnap nie.
Tydens sy matriekeksamen het 'n fotograaf van Die Burger 'n foto (met rooi omkring hierbo) van hom geneem, nadenkend in die middel van 'n vraestel. Vier jaar later word dieselfde foto jaar na jaar gebruik wanneer Die Burger 'n artikel op hulle webtuiste plaas wat verband hou met die matriekeksamen. Daar gaan nou moontlike regstappe geneem word teen diƩ koerant omdat daar nie tantieme aan Arno betaal word hiervoor nie.
Besoek "Arno" se webtuiste by www.arno.co.za .
So lyk 'n tipiese "Arno"-konsert: (beeldmateriaal verskaf deur Kaapse Son)
Geen opmerkingen:
Een reactie posten