
Hierdie is Pols* se laaste posting vir 2006. Die Pols*-span het werk gekry.
Vir hierdie laaste posting kyk ons na twee Britse-uitstallings wat op die oomblik sleutel besprekingspunte in komtemporêre kuns is.
Damien Hirst, die omstrede kunstenaar wat skape, haaie en perde in formalien as kuns verkoop het, stal van vandag af sy eie kunsversameling uit. Geld wat hy uit sy eie kuns gemaak het, het hy gebruik om 'n persoonlike versameling op te bou. Die uitstalling open vandag in die Serpentine Galery en werke van Banksy, Andy Warhol en Francis Bacon is te sien. In 'n onlangse onderhoud met The Guardian voer Hirst aan "art is about dying". 'n Mens verwag so uitspraak van Hirst as 'n mens na sy kuns én sy versameling kyk van Banksy se Napalm-besmeerde Vietnamees, Bacon se figure aan die voet van 'n kruis en Warhol se skokstoele. Hirst sê verder:
"I think there's only ever been that one idea in art - that Gauguin thing,
you know: where are we going, what's it all about Alfie, where did we come from,
where are we going, is there a reason? If you're trying to make sense of life
then death looms big on the horizon."
Die ander uitstalling wat opspraak maak in Brittanje is die finaliste van The Turner Prize, die grootste prys vir kunstenaars onder die ouderdom van 50 wat sedert 1984 die beste in komtemporêre kuns bekroon. Alhoewel die waarde van hierdie prys gereeld in despuut is weens die feit dat daar so baie geld daarin gegooi word is daar ander kritici wat meen: "The Turner Prize and Becks Futures both entice thousands of young people into art galleries for the first time every year. They fulfil a valuable role."
Een van die finaliste in vanjaar se prys is Phil Collins (nié die sanger nie). Sy werk (getiteld Shady Lane Productions) bestaan uit 'n produksiehuis en -kantoor binne die Tate Britain (waar al die ander finaliste hul werk uitstal). Sy inskrywing hanteer die vrae wat ontstaan het weens realiteitstelevisie. As Shady Lane Productions kontak hy mense wat deelgeneem het aan realiteitstelevisieprogramme en vra vrae oor die vervaardigingsproses: hoe het hulle uitgevind dat hulle gaan deel wees van die program; hoe het hulle by die program gekom; wat het agter die skerm; hoe is hulle hanteer. Collins gee ook die geleentheid vir mense wat al deel was van sulke programme om self by die galery met hom te gesels, waar hy weeksdae van 10:00 tot 18:00 sit en navorsing doen oor hierdie onderwerp.
Vir meer oor die Turner Prize kliek hier.
In 2001 het Madonna dié prys oorhandig:
2 opmerkingen:
Ek hou die meeste van Mark Titchner se goed. Daar is so 'n lekker "fok jou"-kwaliteit daaraan.
Is jy in Januarie steeds by Die Burger en bly jy dan op Stellenbosch of in die Kaap?
Een reactie posten