12.27.2006

Die jaar in foto's


kykNET het vanjaar die eerste Afrikaanse Idol aangewys en geboorte gegee aan die mees kontroversiele aanbieder in die geskiedenis van Afrikaanse televisie in die gewaad van Deon Maas (middel). PW (Plusster Willem) Botha (regs agter) het toe nié dié kompetisie gewen nie, maar wel 'n jong seun van Bloemfontein wat baie mans kykers by die huis opgewonde gemaak het, veral die wat vanaf 1 Desember vanjaar wettiglik met mekaar mag trou. Maas het aangegaan om 'n kontroversiele rubriek in Die Burger en Beeld se naweekbylae By los te slaan wat baie lesers ontstel het. Saam met Elana Afrika het hy die eerste unedited interracial kiss op Afrikaanse televisie gegee in 'n program wat dit reggekry het om op sy eie manier talle mure van preutse Suid-Afrikaners af te breek. Mynie Grové (links) het die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Erepenning vir Bydrae tot Afrikaanse Musiek ontvang tydens 'n spoggeleentheid op 5 Oktober in die Teologiese Semenarium op Stellenbosch waar die standbeeld van Pienk Piet du Plessis uiteindelik tot sy reg gekom het. Taliep Peterson (regs) was verantwoordelik vir 'n rekordgetal kaartjiesverkope van sy en Dawid Kramer se produksie Ghoema en is in Desember by sy huis in Kaapstad vermoor. 'n Stad het stil geword toe dié nuus bekend geraak het en 'n kultuur het armer geword.


Die krisis in die Midde-Ooste het 'n nuwe wending gekry nadat Palistyne 'n Israelse bevelvoerder vermoor het. Lebanon se ekstremistiese militêre groep Hisbolla het vanjaar vir die eerste keer in meeste mense se woordeskat sy te voorskyn gemaak en elke koerant het sy eie spelling hiervoor gehad: Hisbolla (Die Burger); Hizballah (Mail & Guardian); Hisbollah (The Guardian) e.d.m. Op hierdie foto word die Israelse president en die VSA se Condolleezza Rice as bokke uitgebeeld, twee van die sentraal figure wat druk op Lebanon en Syria uitgeoefen het om Hisbolla te weier.

Jacob Zuma het vanjaar eise van nagenoeg 7 miljoen rand teen die Suid-Afrikaanse media gemaak nadat hy by twee hofsake betrokke was wat van dié kandidaat om president Thabo Mbeki op te volg 'n bespotting gemaak het. Hiernaas het Zuma ook uitlatings oor homoseksuele mense gemaak en om die land se vermoede, dat die staat die SAUK beheer, te versterk het hy geweier om aan die SAUK 'n onderhoud toe te staan maar het eerder aan die onafhanklike e-tv 'n perskonferensie in hulle kantore in Houghton aangebied.
Media Network Limited (M-Net), die breinkind van Koos Bekker, het vanjaar twintig jaar oud geword. Vanaf volgende jaar sal hierdie kanaal nie meer die enigste betaalkanaal in Suid-Afrika wees nie. M-Net se eerste aanbieder, Doreen Morris, het weer haar verskyning gemaak en Wortel het die eerste wenner geword van M-Net se jongste televisiespeletjie Temptation.

PS: Nie alle inligting hierin vervat is nie noodwendig korrek nie.

As jy enige foto's in jou beskikking het wat jy voel die jaar 2006 in Suid-Afrika opsom plaas 'n skakel na die betrokke foto in die 'comments' area hieronder.

1 opmerking:

Marissa zei

Time spel dit ook "Hizballah". En aangesien hulle gaaf genoeg was om jou, my en almal aan te wys as "Person of the Year" (fake politieke korrektheid slaan weer toe), moet 'n mens seker maar hierdie spelling verkies.