
BBC is die eerste televisieprogram in Brittanje wat kykergegenereerde inhoud gaan uitsaai. Your News is 'n nuwe program wat vanaf Saterdag kykers die kans gee om self die nuus te kies.
Dit kom nadat die BBC geweldig baie verkeer op hul webblad ontvang het die afgelope ruk deurdat besoekers duisende voorstelle maak vir stories en selfs tot 10 000 foto's en video's per dag aan die BBC stuur.
WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Dit is nou makliker om jou eie naam op BBC te sien. Alhoewel regisseurs en redakteurs steeds deur die BBC bestuur word, word die mense wie se nuusbrokkies uitgesaai word gekrediteer deur die BBC. Jy mag dalk nie op TV verskyn as 'n aanbieder of weervoorspeller nie, maar die BBC sal die mense wie se vrae, foto's en video's op Your News uitgesaai word krediet gee.
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Die internet maak dit makliker om werk te kry. In 'n soortgelyke storie is die jongste nuwe toevoeging tot die BBC aanbieder-familie 'n jong meisie uit Asie wat op YouTube klomp video's oor haarself geplaas het. 'n BBC-regisseur het deur haar video's gekyk, haar genooi vir 'n onderhoud en nou werk sy vir die BBC.
Dit alles veroorsaak dat meer en meer mense (soos Pols*) moeite doen om nuus te genereer in die hoop dat iemand hulle sal raaksien. Alhoewel die BBC kykers aanmoedig om die jongste scoop te kry vra hulle op hul webtuiste baie mooi: "Please do not endanger yourself or others, take any unnecessary risks or infringe any laws." 'n Waarskuwing wat heel noodsaaklik is, aangesien sommige mense enigiets kan doen om nuus in die hande te kry - selfs deur hulle lewens in gevaar te stel.
Vir 'n meer humoristiese probeerslag om 'n DailyShow-korrespondent te word, word jy aangemoedig om die jongste scoop in hierdie speletjie te kry. Kyk of jy dit kan regkry.
Bronne: Comedy Central, BBC, The Guardian
Geen opmerkingen:
Een reactie posten