
Hoesein is in Desember 2003 deur die VSA gevang en het in Julie die volgende jaar vir die eerste keer in die hof verskyn. Tydens sy verhoor het hy 'n ongesonde obsessie met Dorito's gehad, later 'n "hunger strike" gehou en by tye sy eie gedigte geresseteer terwyl getuienis gelewer is. Een van die gedigte het die frase "Iraq's mountains, wildernesses and plains will be our witness" bevat. Heel digterlik vir 'n diktator.
WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Hoesein kan nou appelleer maar selfs al besluit hy om dit te doen kan "the well hung Hussein" (soos die Britse poniepers hom nou noem) saam met Kersversierings hang nog voor ouKersaand. Die rede hiervoor is dat Irak se regsisteem vereis dat uitsprake binne 30 dae uitgevoer moet word. Net nog 'n bewys dat Suid-Afrika se regsisteem sukkel.
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE WERELD?
1) Politieke analiste meen dat Irak nou net nog meer onrustig sal word. Die verhoor was juis ten doel om die teenoorgestelde te veroorsaak.
2) Met die midtermynverkiesing wat more in die VSA begin is daar spekulasie dat hierdie uitspraak in George W. Bush se guns sal tel. Ook op die vooraand van die presidensiele verkiesing in 2004 het 'n soortgelyke verrassing in die vorm van 'n video in Bush se guns getel. Osama Bin Laden het iewers opgepop waarin hy sy haat teen Bush herbevestig het. Lees meer hieroor hier.
Al die Dorito's wat Hoessein geeet het, het veroorsaak dat daar talle parodiee hieroor in Amerika ontstaan het, onder andere die volgende fake advertensie:
MEER INFO: Kliek hier vir 'n in-diepte analise oor die hele verhoor deur die BBC.
LAG DAAROOR: Kliek op die link hieronder om na The Daily Show se parodie oor die verhoor te kyk.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten