
kykNET het vanjaar die eerste Afrikaanse Idol aangewys en geboorte gegee aan die mees kontroversiele aanbieder in die geskiedenis van Afrikaanse televisie in die gewaad van Deon Maas (middel). PW (Plusster Willem) Botha (regs agter) het toe nié dié kompetisie gewen nie, maar wel 'n jong seun van Bloemfontein wat baie mans kykers by die huis opgewonde gemaak het, veral die wat vanaf 1 Desember vanjaar wettiglik met mekaar mag trou. Maas het aangegaan om 'n kontroversiele rubriek in Die Burger en Beeld se naweekbylae By los te slaan wat baie lesers ontstel het. Saam met Elana Afrika het hy die eerste unedited interracial kiss op Afrikaanse televisie gegee in 'n program wat dit reggekry het om op sy eie manier talle mure van preutse Suid-Afrikaners af te breek. Mynie Grové (links) het die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Erepenning vir Bydrae tot Afrikaanse Musiek ontvang tydens 'n spoggeleentheid op 5 Oktober in die Teologiese Semenarium op Stellenbosch waar die standbeeld van Pienk Piet du Plessis uiteindelik tot sy reg gekom het. Taliep Peterson (regs) was verantwoordelik vir 'n rekordgetal kaartjiesverkope van sy en Dawid Kramer se produksie Ghoema en is in Desember by sy huis in Kaapstad vermoor. 'n Stad het stil geword toe dié nuus bekend geraak het en 'n kultuur het armer geword.



PS: Nie alle inligting hierin vervat is nie noodwendig korrek nie.
As jy enige foto's in jou beskikking het wat jy voel die jaar 2006 in Suid-Afrika opsom plaas 'n skakel na die betrokke foto in die 'comments' area hieronder.
1 opmerking:
Time spel dit ook "Hizballah". En aangesien hulle gaaf genoeg was om jou, my en almal aan te wys as "Person of the Year" (fake politieke korrektheid slaan weer toe), moet 'n mens seker maar hierdie spelling verkies.
Een reactie posten