11.21.2006

Studente dagvaar Borat


WAT HET GEBEUR?
Twee studente aan die Universiteit van Southern Carolina is besig om regstappe te neem teen die filmhuis wat Borat: Cultural Learnings of America for Make Benefit Glorious Nation of Kazakhstan vrygestel het.

Dit kom nadat dié twee dronk in dié fliek (wat Vrydag in Suid-Afrika begin draai het) verskyn besig om rassistiese opmerking te maak. Die studente se^ hulle is opsetlik deur die vervaardigers dronk gemaak en was belowe dat die "dokumenter" waarin hulle sou verskyn, nie in die VSA vertoon sou word nie.

Daar is ook aan hulle 'n RV gegee waarmee hulle opdrag van die vervaardigers gekry het om vir Borat (gespeel deur die Britse akteur Sasha Baron Cohen) langs die pad op te laai.

WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Die klagstaat teen 20th Century Fox voer aan dat die studente "[was made] the object of ridicule, humiliation, mental anguish and emotional and physical distress, loss of reputation, goodwill and standing in the community" as gevolg van die vrystelling van dié fliek. In antwoord daarop het die ateljee gese dat hulle geen gronde het vir hul beweringe nie.

Hierdie is nie die enigste dagvaarding wat die ateljee ontvang het nie. 'n Turkse man het Cohen gedagvaar omdat hy meen Borat is geinspireer deur hom. Die Russiese regering het ook 'n hofsaak gemaak teen die akteur en het die film uit Rusland verban.

WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
As jy dom is moet jy suffer. Borat is al sedert 1998 deel van die Ali G Show. Vir die afgelope paar jaar was Ali G, Borat en Bruno (sien foto links bo) drie karakters waarmee Cohen internasionale status verkry het, eers in die Britse Channel 4 reeks getiteld Da Ali G Show en later het die Amerikaanse TV-kanaal HBO Ali G in da USA vervaardig en regoor die wereld uitgesaai. Beide reekse het sedertdien universiteite se koshuiskamers oorgeneem en 20somethings se lingo besoedel met uitdrukkings soos "Boyakasha", "Jagshemash" en "sexy time".

As twee studente in 'n ontwikkelde land met broadband, cable en 'n goeie dosis kulturele kapitaal dus in Oktober 2005 (toe die film Borat geskiet is) nie geweet het wie Borat was nie, is hulle maar lekker agter die klip.

Doen jouself 'n guns en gaan kyk Borat se fliek: nou by 'n NuMetro of SterKinekor naby jou.

Borat was onlangs 'ontgoogeld' op Nederlandse televisie:



Besoek ook Borat se MySpace: www.myspace.com/borat

Bron: CBC

2 opmerkingen:

Marissa zei

Ek het hierna gaan kyk en dit was terrible. Sy komedie is heeltemal te vulger vir my smaak. Maar ten minste ontsien hy geen heilige koeie nie.

Anoniem zei

http://www.buzzfeed.com