11.22.2006

Afrikane is nié Italiane

WAT HET GEBEUR?
Pallo Jordan, Suid-Afrikaanse minister van kuns en kultuur, het gal gebraak na hy die Kunstekaap en die Stad Kaapstad Opera se produksie van Mozart se Cosi fan Tutté gesien het.

Ter viering van Mozart se 250ste verjaarsdag het die Universiteit van Kaapstad se Operahuis op hierdie produksie besluit waarmee jong en briljante stemme soos die van Lungelwa Mdekasi en Pretty Yenda die kans gegun is om hul staal te wys.

Jordan het egter na afloop van die vertoning (wat hierdie week tot 'n einde gekom het in die Kunstekaap Operahuis) gemeen dat die opkomende jong sterre niks anders was as "imitation whites, and poor imitations as well". Volgens hom is daar iets fout met 'n kultuur wat vir swart kinders wil leer om soos Italianers te sing.

WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Onmiddellik word alle Italianers nou as "wit mense" geklassifiseer, volgens Jordan se uitspraak. Ten spyte van hul donker velle, donker hare en ingebore ritme beskou Jordan Italianers as die direkte teenoorgestelde ras, klas en standaard van 'n "Afrikaan". Vervolgens kan Italianers nou ook, saam met die res van wit Westerlinge, verantwoordelik gehou word vir Apartheid.

WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Hopelik steur jong opkomende swart opera sterre hulself nie te veel aan hierdie absurde uitspraak nie. As dit nie vir swart vrouens was wat die musiek van Italianers nageboots het nie, sou ons nooit die waarde van mense soos Sibongile Kumalo geken het nie. Die bydrae wat sy al gelewer het tot die Suid-Afrikaanse operaplatform is verbysterend en getuig geensins van 'n "imitation" nie, maar eerder 'n eerlike verwoording van 'n universele klank.

Dit is gevolglik nie altyd so maklik om 'n opera uit 'n ander taal en kultuur aan te pas by jou eie nie. Soos wat hierdie Italiaanse opera sukkel om aanklank te vind onder swart Afrikane soos Pallo Jordan het die twee Britte wat The Jerry Springer Opera gemaak het hel gehad in hul eie land asook in Duitsland met die aanpassing van Britse komedie in der Deutschland:



Bronne: BBC, Mail & Guardian

Geen opmerkingen: