
Richard Quest (foto), Britse CNN-aanbieder van onder meer die program Quest, is te "queer" vir Al-Jazeera.
Dit kom nadat die Arabiese nuuskanaal Al-Jazeera hierdie week hul eerste Engelse nuuskanaal gaan bekendstel. Al-Jazeera werk al die afgelope 2 jaar aan die oprigting van hul Londen-nuuskantoor. Wereldnuus met 'n Arabiese-inslag en 'n fokus op die derde wereld gaan hiervanaf vir die eerste keer in Engels aan Europa, Amerika en Noord-Afrika uitsaai.
Al-Jazeera het reuse salarisse vir internasionaal bekende nuuslesers aangebied sodat hulle meer Westers voorkom. Een van hierdie nuuslesers was Quest. Hy het egter die aanbod van die hand gewys omdat nie net sy seksuele orientasie sou bots met Al-Jazeera se redaksionele beleid nie, maar ook sy geloof. Sy Joodse geloof sou verder onder vuur kom onder dié Moslem-gegrewe nuuskanaal. Al-Jazeera voer egter steeds aan dat hulle die nuus op 'n "unbiased" manier sal weergee.

Al-Jazeera het internasionale bekendheid verwerf as die televisiekanaal wat terroriste se video's uitgesaai het. Pas na 9/11 het Al-Jazeera 'n video van Osama Bin Laden uitgesaai wat onmiddellik deur alle ander nuuskanale regoor die wereld uitgesaai het. Onmiddellike faam het gevolg en Al-Jazeera het bekend geraak as die nuuskanaal wat 'n mondstuk vir terroriste is en sonder enige huiwering die onthowing van Afghane uitsaai. Die vraag bly dus op watter manier sal hierdie kanaal met 'n Arabiese-inslag internasionale nuusgebeure weergee? Sue Phillips, die Londen bureauhoof, meen: "we want to bring the south to the north, rather than the other way around".
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Phillips meen daar gaan meer geleentheid gebied word vir dokumentere materiaal vanuit ontwikkelende lande. Verder wil hulle he dat Afrikane nuus uit Afrika moet vertel. Alhoewel daar sprake wat dat Al-Jazeera 'n kantoor in Suid-Afrika in September vanjaar sou oprig, het daar nog niks hiervan gekom nie. Hulle beoog om Al-Jazeera as 'n gratis nuuskanaal aan die hele Afrika bekend te stel.
"We adhere to western broadcasting standards. There will be differences because they're different cultures," meen Phillips laat 'n mens steeds wonder oor hoe "different" hulle werklik sal wees. As 'n gay-nuusleser weggewys word wonder Pols* watter uitsaaimateriaal van die hand gewys sal word.
Hierdie MAD-TV parodie wys hoe hierdie Engels-sprekende Al-Jazeera kanaal moontlik kan wees. Die enigste Amerikaner wat gespaar word is Matt LeBlanc:
Lees MediaGuardian se artikel hieroor hier.
Sien ook BBC-werknemers wat gefire is omdat hulle hierdie video gemaak het oor Al-Jazeera.
2 opmerkingen:
Richard Quest het nog altyd vir my gelyk soos Wally van "Where's Wally"-faam.
Op 'n ander onderwerp: CNN se dokumentêre programme oor ander wêreldstreke (d.w.s. nie Amerika, Engeland en Wes-Europa nie) is vir my oninsiggewend. Hulle kry plaaslike joernaliste om sulke crappy insetsels te doen oor sg. plaaslike nuus.
Kyk ook gerus na die (werklike) bekendstellingsvideo van Al-Jazeera: http://www.youtube.com/watch?v=EIVikteiQj8
Een reactie posten