
"On-Christelike" graffiti is sedert Maandag met moeite van mure in Jerusalem afgekrap. Dit nadat die eerste Israeliese gay parade in Jerusalem plaasgevind het dié week.
Ultra-ortodokse Jode het teen-optogte gehou in Jerusalem én New York om protes aan te teken teen die Israelse regering wat die gay parade toegelaat het. Dié Jode het dit 'n "parade of debauchery" genoem.
WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Daar is nou 'n Israelse komedieprogram wat meen dat Israel eintlik al vir jare homoseksueel was. Om dit te staaf wys die program gereelde videomateriaal waarin Jassir Arrafat vurige omhelsings uitdeel. Jode het geweldig aanstoot geneem en het in protes daarteen sommer karre aan die brand gesteek.

Dit wil blyk asof daar wêreldwyd meer verdraagsaamheid is met homoseksuele mense. Alhoewel die onlangse optog in Jerusalem baie mense ontstel het, is dit steeds 'n geweldige tree vorentoe vir die gemeenskap van Jerusalem. As hulle hul eerste gay optog in 2006 hou, mag hulle konstitusie moontlik in 2050 ook huwelike tussen mense van dieselfde geslag toelaat.
Die laaste stappe in die goedkeuring van selfde-self huwelike word in die volgende week in Suid-Afrika gemaak. Dit kan beteken dat mense van dieselfde geslag teen 1 Desember wettiglik in Suid-Afrika mag trou, nadat die Parlement dié wysiging tot die konstitusie goedgekeur het. Alhoewel niemand presies weet wanneer die eerste gay optog in Suid-Afrika gehou is nie, maar daar word vermoed dat dit alreeds in 1652 kon gebeur het met die koms van Jan van Riebeeck en al sy fraai vriende aan die Kaap. Zim Dollar, die "enigste goeie internasionale Afrikaanse koerant", berig hier dat die onlangse uitslae van kykNET se Idols-kompetisie wys dat Suid-Afrika nie net homoseksuele mense aanvaar nie, maar ook meegevoel vir hulle het en om dié rede Dewald aangewys het as die eerste kykNET Idol.
In die res van die wereld mag daar dalk langer gewag moet word voordat sulke liberale besluite rondom huweliksverbintenisse aanvaar sal word. In die Vatikaanstad word daar byvoorbeeld vandag vir die eerste keer besluit watter vorm van ondersteuning die Rooms Katolieke Kerk gaan gee vir priesters wat wil trou, berig die BBC hier.
Die proses (om te kan trou, wat jou lewensstyl ookal mag wees) mag dalk lank en moeilik wees, maar solank iemand daaroor kan lag is dit alles die moeite werd, dink Pols*:
3 opmerkingen:
Cool blog! Sal na julle link en gereeld kom inloer.
Terloops, die gay-huwelikswet is nie 'n wysiging van die konsitusie nie, maar 'n wysiging van die wetgewing om aan die grondwet te voldoen. Jammer om pedantic te wees ;)
Beste Bloute,
Dankie vir die korreksie.
Groete,
Die Pols* Ombudsman
Hi Daar!
Dis altyd vir my interessant hoe persepsies en aannames gemaak word. Veral van 'n produk (my as sanger), terwyl die skrywer my nie persoonlik ken nie. En nog slegter vir my om oor myself te lees in iemand anders se "korrekte" blog.
Ek is NIE gay nie, en was ook nog NOOIT nie. Ek is tans in 'n verhouding met 'n meisie en al my vorige verhoudings was ook net met meisies. Moet mens soos 'n Bloubul lyk voor jy as straight beskou word?
Ek hoop jy sal dit regstel in 'n toekomstige posting.
Dewald
(KykNET Idol)
Een reactie posten