11.17.2006

Grey's Anatomy klop Prison Break by SA universiteite

Pols* het onlangs 'n diens ontdek met dieselfde naam in 'n ander taal.

Pulse is 'n diens op die sosiale netwerkwebblad Facebook wat trends van dié wat 'n Facebook Account het uitwys.

Pulse wys byvoorbeeld watter universiteit (universiteite word in netwerke verdeel) 'n sekere musiekgroep of TV-reeks die meeste geniet en hoe dit opmeet teen ander.

Byvoorbeeld: meeste studente aan Oxford (dié wat op Facebook is) beskou die Australiese Neighbours as hul gunsteling TV-reeks. Some useless trivia, maar nogsteeds.

In Suid-Afrikaanse netwerke is daar nog nie genoeg intekenare aan universiteite om voldoende statistiek weer te gee nie. Die enigste faktor wat egter deur Pulse bepaal kon word is dat Grey's Anatomy deur 17% meer Stellenbosse studente as hul gunsteling TV-reeks beskou word as dié wat Prison Break hul gunsteling noem. Interessant genoeg is studente aan Rhodes Universiteite se voorkeur presies dieselfde, met Desperate Housewives wat in 'n sterk derde plek kom.

Meer nuttelose inligting sal van Maandag af hier beskikbaar wees. Teken nou in op Facebook, laat weet wat jou gunsteling TV-reeks is, en kyk dan daagliks die jongste statistiek op Pulse by www.facebook.com

En vir ingeval jy wou weet, hiér is Pols* se gunsteling TV-reekse:

Geen opmerkingen: