
Terwyl die res van die wereld worry oor die surplus van koolstofdioksied (CO2) wat by die dag besoedeling vererger, lei Suid-Afrika aan 'n tekort daarvan.
Verskaffers van CO2, SASOL en PetroSA, het vroeer vanjaar hul produksie gestop vir 'n noodgedwonge nagaan van hul produksieproses. Gevolglik kon hulle nie vinnig genoeg weer met produksie begin nie en kon slegs 60% van die gewone aanvraag na CO2 deur Coca-Cola verskaf.
WAT IS DIE IMPLIKASIES?
In November en Desember is die vraag na CO2 150% meer as gewoonlik. Weens hierdie tekort gaan Coca-Cola afskaal in die verskeidenheid van produkte wat hulle normaalweg verskaf. Produkte soos BONAQUA, Tab en Sprite Zero is gevolglik al reeds nie meer beskikbaar op winkelrakke nie. Verbruikers word ontmoet deur 'n rooi teken waarop Coca-Cola aan die verbruiker om verskoning vra vir dié ongerief.
Coca-Cola fokus nou hoofsaaklik op die produksie van Coke, Sprite en Fanta wat ongeveer 80% van hul markaandeel bevat. Dié blikkies word in hul miljoene (20 miljoen om meer spesifiek te wees) vanuit die Verenigde Koningkryk en Singapoer ingevoer.
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
Kersfees in Suid-Afrika gaan warm wees sonder jou gunsteling gegeurde BONAQUA-drankie, of verhitte (en heelwaarskynlik sonder-gas) blikkies Coke uit Brittanje. Om nie eers te praat van die totale verskil wat dié lande se blikkies se voorkoms het met dit waaraan Suid-Afrikaners gewoond is nie. Alhoewel groot supermarkte van mening is dat hulle nie so erg beinvloed word hierdeur nie, is dit die klein handelaars in die informele besigheidsektor wat die meeste gaan swaarkry uit hierdie onverwagte tekort aan CO2.
Die goeie nuus is dat daar oorgenoeg bier beskikbaar sal wees. SABMiller (wat verantwoordelik is vir meeste van jou gunsteling bier-tipes) verskaf (gelukkig) hul eie CO2.
Vanjaar sal almal gevolglik ander drankies vir die Kerstafel (of Kersbed) moet verbruik, soos dié:
Bron: Mail & Guardian
3 opmerkingen:
So much for "Always Coca Cola"
Vir wat het hulle CO2 nodig vir Bonaqua?
Ag kak. Die fizz is op. Ek oorweeg dit om 'n paar kratte Coke by Makro te gaan koop of iets.
Een reactie posten