9.13.2007

Media24 se vroue jok

WAT HET GEBEUR?
Sewe tydskrifte se lidmaatskap tot die Audit Bureau of Circulations (ABC) is summier beëindig. Dit kom nadat die ABC ontdek het dat daar met sirkulasiesyfers van die tydskrifte Sarie, Lééf, True Love Bride, True Love, Fair Lady, True Love Babe en InStyle SA aan die ABC voorgelê het, geknoei is.

WAT BETEKEN DIT?
Lidmaatskap tot die ABC is geweldig belangrik as dit kom by 'n tydskrif se inkomste. Deur gesertifiseerd te wees deur die ABC beteken dat adverteerders die tydskrif kan vertrou en dat die tydskrif geen wanpraktyke najaag nie. Verder beteken dit dat tydskrifte mekaar se kopieregte sal respekteer. Deur nie meer lid hiervan te wees nie, kan Media24 (die maatskappy wat dié tydskrifte uitgee) geweldig baie geld verloor omdat adverteerders se lojaliteit in die tydskriftitels heel moontlik afgedaal het.

HOEKOM IS DIT BELANGRIK?
Elke jaar moet tydskrifte bekend maak wat hul sirkulasiesyfers is (dit beteken die hoeveelheid tydskrifte wat verkoop is). Hoe meer verkoop word, hoe meer geld kan tydskrifte vir advertensieruimte vra. Tydskrifte wat lid is van ABC moet elke 6 maande hul sirkulasiesyfers aan dié buro bekendmaak. Nadat Media24 reeds hul syfers vir die periode April 2006 tot Junie 2006 ingedien het, het hulle op 6 September 2007 nuwe syfers aan die ABC gegee. Dit het gebeur nadat die ABC vasgestel het dat die syfers hoër was as wat dit veronderstel is om te wees. Media24 het gesê die nuwe syfers verskil minder as 0.6% van die aanvanklike syfers. Die ABC het egter ontdek dat daar sekere titels is wat se sirkulasiesyfers met bykans 50% opgestoot is om meer adverteerders te lok.

Dit beteken dat tydskrifte in die Media24-stal gaan sukkel om dieselfde advertensie-inkomste te genereer as wat dit gewoonlik het. Werknemers van Media24 se vrouetydskrifte is geweldig ontsteld maar tans is daar nog geen kommentaar van die uitgewer beskikbaar nie.

Lees nog hiér:
http://www.bizcommunity.com/Article/196/39/17869.html
http://www.sundaytimes.co.za/News/Article.aspx?id=563130

Geen opmerkingen: