1.18.2007

Sally Spectra sterf


Dit is 'n jammer dag in Pols*-land en die hele Pols*-span rou vandag.

Ons harte is seer, maar die herinneringe sal altyd met ons bly.

Vir die wêreld was sy "Sally Spectra", maar vir ons was sy ons hele wêreld.

Sy het vir 20 jaar die sepie The Bold and the Beautiful met grasie en sjarme opgetower.

Ons vind ons troos in die ryke nalatenskappe van eindelose VHS-video's wat met stof bedek is waarop Sally die stryd met karakters soos Stephanie Forrester aansê.

Met hartseer neem ons afskeid, maar ons is bly ons woon in Suid-Afrika waar dié sepie meer as twee jaar agter is met die wat in die VSA gewys word. Daarom sal ons ten minste nog so 4 jaar haar sien leef, al is sy dood.

2 opmerkingen:

Anoniem zei

I couldn't believe how small the article was in 'die burger', they should've dedicated at least half a page to the 'life× of Sally Spectra'. I couldn't find anything in the 'Cape Times' about it, they should be ashamed. I guess I'll just have to wait for the next 'Heat' or 'TV-plus' to get the full story.

Marissa zei

Die laaste sin van hierdie inskrywing, asook die vorige kommentaar, het my laat rol van die lag. Nie letterlik nie, natuurlik.