1.18.2007

Groter koppe, groter verkope


WAT HET GEBEUR?
Die Burger het hierdie week geskiedenis herskryf deur die grootste lettertipe op hulle voorblad ooit te gebruik. Woensdag 17 Januarie 2007 se voorblad het selfs die reuse "DIS OORLOG!" van 12 September 2001 oorskrei.

WAT IS DIE IMPLIKASIES?
Die Burger het 68 843 kopieë verkoop met dié koerant (intekenare uitgesluit). Dit is 1 242 meer kopieë as wat 'n week terug op dieselfde dag verkoop is. Straatverkope alleen is met 685 eenhede op.

WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE MENSDOM?
'n Mens kan die afleiding maak dat groter opskrifte meer koerante verkoop. Dalk, dalk nie. Dalk is mense maar net blind en kon hulle vir die eerste keer lees wat op die voorblad staan. Die voorblad het talle motoriste by robotte se aandag getrek wat bygedra het tot die goeie verkope. Om hierdie rede het Pols* besluit om ons opskrifte van nou af 72 pt te maak.

Lees Pols*
nou groter as voorheen
(dit behoort die trick te doen)

2 opmerkingen:

Anoniem zei

genugtig...dit is huuuuge

Marissa zei

Om beter te kan sien, my kind.