
Bill Gates het gister Microsoft se Kersfeesteiken bekend gestel in Seattle. Die Zune-mediaspeler is Microsoft se weergawe van 'n iPod, net 'n bietjie dikker en 'n bietjie langer. Dit het ook 30-gigagrepe en kos presies soveel soos 'n iPod. Wat dit egter anders maak aan die iPod is dat dit nie die lekker draaiwiel het wat van iPod 'n gunsteling onder talle vingers maak nie. Buiten dit kan 2 mense met 'n Zune-speler elkeen liedjies met mekaar deel deur koordlose-tegnologie. So probeer Microsoft 'n einde maak aan mense wat oor die Rooiplein loop besig om by hulself na musiek te luister en dit weg te bere van almal anders af. Want, so meen Microsoft, musiek is gemaak om gedeel te word. Die Zune-speler het ook 'n ingeboude FM-radio en 'n skerm van 7,5 cm (klein bietjie groter as 'n iPod) wat nie net foto's vertoon nie maar ook hoe resolusie video's kan speel. Hierdie video's kan ook met ander mede-Zuners gedeel word.

Die klassieke Mac vs PC debat gaan voortgesit word, en het reeds sy eie webtuiste. Microsoft het 'n website begin waarop hulle al die verskille en ooreenkomste tussen die Zune en die iPod uitwys. Dan is daar 'n studie wat uitwys dat 54% van mense wat 'n iPod besit vir hulle 'n Zune sal koop. Hierdie statistiek is gebasseer op dieselfde tegnologie wat ZOO Weekliks gebruik het om in hierdie week se uitgawe die gevolgtrekking kon maak dat slegs 22% van alle mans in Suid-Afrika 'n ander man 'n fellacio sal gee as hy R1 miljoen betaal word en dat 94% van alle mans nie ander afloer terwyl hulle urineer nie. Natuurlik kan 'n mens mos nie sulke statistiek glo nie. (Kliek hier vir nog uitslae van ZOO Weekliks se meningsopname).
WAT BETEKEN DIT VIR DIE RES VAN DIE WERELD?
Soos alle ander dinge wat in Seattle bekendgestel word (dink maar aan die Seattle Coffee Company) gaan dit weereens jare vat voordat Zune in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees. Al wat Microsoft tot dusver kan se is dat dit eers in 2007 in Europa bekendgestel sal word en, afhangend van sy sukses oor die opkomende Kersseisoen in die VSA, mag hulle dit oorweeg om dit selfs in Suid-Amerika teen 2010 bekend te stel. Suid-Afrika sal hopelik voor ons sokkerbeker dit kan kry, heelwaarskynlik met 'n ingeboude TV in.
Hier is 'n onsuksesvolle advertensieveldtog vir Zune wat tans in Amerika te sien is:
2 opmerkingen:
hehe, dit is nogal pointless. aan die einde van die ad het ek nie 'n clue wat geadverteer word nie.
die naam sit ook nie werklik lekker op die tong nie...Zune...blugh...
Yes, Microsoft's new Zune digital music player is just plain dreadful. I've spent a week setting this thing up and using it, and the overall experience is about as pleasant as having an airbag deploy in your face.
"Avoid," is my general message. The Zune is a square wheel, a product that's so absurd and so obviously immune to success that it evokes something akin to a sense of pity...
The Zune is a complete, humiliating failure. Toshiba's Gigabeat player, for example, is far more versatile, it has none of the Zune's limitations, and Amazon sells the 30-gig model for 40 bucks less.
Throw in the Zune's tail-wagging relationship with music publishers, and it almost becomes important that you encourage people not to buy one.
Via joho the blog
Een reactie posten